+27 83 262 1891   mhhs@mweb.co.za   
Jakkalsjag en Rooikatjag Kursus - Noord Kaapse Jag Skool

Jakkalsjag en Rooikatjag Kursus


Lewende hawe boere en wildsplase in Suid Afrika word al vir jare deur Rooijakkals en Rooikatte gepla. Alhoewel hierdie diere 'n belangrike rol as aasdier in die ekosisteem speel is skape en klein bokke 'n maklike teiken vir hulle om te jag. Hulle maak nie noodwendig dood om die dier te eet nie, maar veroorsaak baie skade onder 'n trop lewende hawe.

Op hierdie kursus gaan ons jou leer hoe om hierdie twee spesies te jag en jou diere te beskerm teen hulle aanvalle.

 

Waar

Al die kursusse word aangebied op Vanderkloof deur die Noordkaap Professionele Jagters Skool. Vanderkloof lê in die hart van Afrika. Die NPJS is dus geleë in die mees sentrale deel van die Republiek van Suid-Afrika.

 

Datum

Datums sal bevestig word.

 

Ingesluit in Kursus Fooie

Die kursus sluit alle akkommodasie en etes in, asook die geleentheid om 'n verskeidenheid bokke te skiet, enige iets van 'n Springbok tot 'n Blouwildebees. 

 

Ouderdomsbeperking

Jy moet ouer as 17 en jonger as 65 jaar wees.

 

Reëls, Regulasies en Terme

Hierdie is 'n droë kursus - studente word nie toegelaat om alkohol te drink nie.
Studente sal verantwoordelik gehou word vir alle toerusting wat gebreek word deur nalatigheid.
Studente is verantwoordelik vir alle mediese onkostes.
Alle studente moet 'n vrywaringsvorm teken.
Indien 'n student nie die kursus voltooi nie sal hy verantwoordelik gehou word vir die kostes van die hele kursus.
Alle studente moet netjies aantrek gedurende die kursus.

© Noord Kaapse Beroepsjag Skool. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord Kaapse Beroepsjag Skool.