Hierdie kursus is bedoel vir enige iemand met 'n passie vir jag. Dit is ideaal vir 'n oorbruggingsjaar na matriek. Alle studente wat die kursus voltooi sal gereed wees om 'n werk in die jag industrie te betreë. Ons sal alle studente help om werk te kry of op 'n wildsplaas of by 'n jag ondernemer. Ons is betrokke by die werk soek proses en sal reël vir onderhoude indien moontlik. Ons kan ongelukkig nie indiensneming waarborg nie, maar sal ons beste doen om 'n werk vir elke kandidaat te kry.
Die kursus is baie intensief, die studente gaan elke oomblik van die dag in 'n jag omgewing wees. Die kursus is opgestel om die werklikheid te mimiek en gaan nie altyd maklik wees nie. Die kursus bestaan uit lang ure se praktiese opleiding sodat die student een van die beste in die industrie kan wees.
Al die kursusse word aangebied op Vanderkloof deur die Noordkaap Professionele Jagters Skool. Vanderkloof lê in die hart van Afrika. Die NKBS is dus geleë in die mees sentrale deel van die Republiek van Suid-Afrika.
Jy moet ouer as 17 en jonger as 23 jaar wees.
DATUM | GROEP 1 | GROEP 2 |
1 Feb |
Aankoms en Verwelkoming |
Aankoms en Verwelkoming |
2 Feb |
Fiksheid en Fiksheid Toetse & |
Fiksheid en Fiksheid Toetse & |
3 Feb |
Af |
Af |
4-15 Feb |
Beroepsjag Kursus |
Bos Fase |
16-17 Feb |
Af |
Af |
18 Feb-1 Maart |
Bos Fase |
Beroepsjag Kursus |
2-3 Maart |
Af |
Af |
4-6 Maart |
Noodhulp |
Voertuiginstandhouding |
7-9 Maart |
Voertuiginstandhouding |
Noodhulp |
10 Maart |
Af |
Af |
11-14 Maart |
Vasbyt, Stap en Oorlewing |
Vasbyt, Stap en Oorlewing |
16 Maart-1 April |
Vakansie |
Vakansie |
2-6 April |
Jakkalsjag kursus |
Spoorsny |
7-11 April |
Skiet kursus |
Basiese 4x4 Hanterings kursus |
12-16 April |
Basiese 4x4 Hanterings kursus |
Skiet kursus |
17-18 April |
Caping |
Caping |
19-22 April | Af - Paasnaweek | Af - Paasnaweek |
23-27 April | Spoorsny | Jakkalsjag kursus |
28 April |
Af |
Af |
29 April -3 Mei |
Basiese Bestuur Plaas Kursus |
Buffeljag Kursus |
4-5 Mei | Af | Af |
6-10 Mei | Buffeljag Kursus | Basiese Bestuur Plaas Kursus |
Mei-Junie |
Gids Biltong Jagters |
Persoonlike Jag van Wild Pakket |
Junie-Aug |
Gids Biltong en Internasionale Jagters |
Persoonlike Jag van Wild Pakket |
31 Aug |
Afsluiting |
|
Afdae in Mei, Junie en Julie sal gegee word na gelang van jag program |
Hierdie is 'n droë kursus - studente word nie toegelaat om alkohol te drink nie.
Studente sal verantwoordelik gehou word vir alle toerusting wat gebreek word deur nalatigheid.
Studente is verantwoordelik vir alle mediese onkostes.
Alle studente moet 'n vrywaringsvorm teken.
Indien 'n student nie die kursus voltooi nie sal hy verantwoordelik gehou word vir die kostes van die hele kursus.
Alle studente moet netjies aantrek gedurende die kursus.
Aansoeke nou oop.