+27 83 262 1891   mhhs@mweb.co.za   
11 Dag Jag Kursus - Noord Kaapse Jag Skool

11 Dag Beroepsjag Kursus


Die 11 Dag Kursus behels teoretiese klas in die oggend met 'n praktiese sessie in die middae. Onderwerpe soos Natuurbewarings wette, Rowland Ward en Safari Klub Internasionale meet metodes, Balistiek, Spoor identifisering en interpretering, Afslag metodes sowel as fotografie tegnieke wanneer trofees afgeneem word sal behandel word. Asook die Geskiedenis van Jag, Jag Ekonomie, Skiet tegnieke en vaardighede, Jag tegnieke en Hantering van Nasionale en Internasionale kliënte. In kort, 'n gewilde kursus wat jou jag en beroepsjag kennis tot 'n nuwe vlak sal neem.

 

Waar

Al die kursusse word aangebied op Vanderkloof deur die Noordkaap Professionele Jagters Skool. Vanderkloof lê in die hart van Afrika. Die NKBS is dus geleë in die mees sentrale deel van die Republiek van Suid-Afrika.

 

Datum

6 Januarie - 18 Januarie 2019
29 September - 11 Oktober 2019
10 November - 22 November 2019
24 November - 6 Desember 2019

 

Ouderdomsbeperking

Jy moet ouer as 17 en jonger as 65 jaar wees.

 

Wat bring ek saam?

  • ‘n 243 kaliber of ‘n groter slaanaksie geweer. Indien u nie u eie geweer kan bring nie, kan ons ‘n geweer aan u verhuur vir R850-00. Die bedrag sluit die ammunisie in
  • ‘n Goeie verkyker, skerp mes en ‘n digitale kamera
  • Gemaklike stewels vir veldwerk
  • ‘n Hoed
  • Warm klere wat vuil kan word en wasbaar is
  • 5 stelle hemde en broeke
  • Wasgoed word elke 5 dae gedoen. Merk dus u klere

 

Kostes van die Kursus

Die koste van die kursus beloop R 12 500 per student en sluit alle studie material, kos en verblyf in. Deposito van R2 500 om jou bespreking te bevestig. 

 

Kursus Program

Dag van aankoms:

Onderhoud met studente om hulle jagkennis te evalueer en ook om enige moontlike leerprobleme van studente te identifiseer.

DAG 1

Bekendstelling (oggend)
Les 1: Geskiedenis van safaris in Afrika en Suid-Afrika (oggend)
Les 2: Noord-Kaap se jagordonansie.(middag)
Les 3: Rowland Ward en SCI meet metodes (middag)

DAG 2

Les 4: Trofee hantering (oggend)
Les 5: Gewere en balistiek – geweer instel met gebruik van loop (oggend)
Les 6: Spoor identifikasie (oggend) 
Prakties 1: Spoor identifikasie en interpretasie. Prakties (middag)
2: Boom en gras identifikasie Prakties
3: Horing skatting – trofee. Aand: Noord-Kaap jagordenansie (1 uur)

DAG 3

Les 7: Jagmetodes en tegnieke (oggend)
Les 8: Trofee fotos en cameras (oggend) 
Prakties 4: Studente neem ‘n foto van ‘n gejagte dier in die veld. (middag)
Prakties 5: Trofee slag.
Prakties 6: Trofee horing skatting.
Aand: Noord-Kaap jagordonansie (‘n half uur)

DAG 4

Prakties 7: Beoordeling van jagfotos. (oggend)
Les 9: Jag administrasie (oggend)
Les 10: Jag ekonomie (oggend) 
Prakties 8: Spoor en boom identifikasie (middag)
Prakties 9: Horingskatting
Prakties 10: Jaghonde en opleiding van jaghonde.(Jack russels)
Aand: Noord-Kaap jagordonansie (half uur)

DAG 5

Les 11: Boogjag (oggend) 
Prakties 11: Boogjag en bou van boogjag skuilings (middag)
Prakties 12: Trofee horing skat.
Prakties 13: Voël en soogdier identifikasie.
Aand: Noord-Kaap jagordonansie (half uur)

DAG 6

Prakties 14: Skietbaan – skiet evaluasie (oggend) 
Prakties 15: Skietbaan – skiet evaluasie (middag)

DAG 7

Voëljag en haelgewere –(oggend)
Les 13: Cites (oggend)
Les 14: Akkommodasie en jag fasiliteite (oggend)
Les 15: Jag voertuig (oggend) 
Prakties 16: Trofee slag en evaluasie. (middag)
Prakties 17: Horing skatting – trofee.

DAG 8

Les 16: Skootplasing (oggend)
Middag af om te studeer.

DAG 9

SCI en Rowland ward meetmetodes evaluasie.(oggend) - eksamen
Middag: Les 18: Hoe om kliënte te begelei. Horing en trofee skatting – middag.

DAG 10

Eksamen – trofee slag (oggend)
Eksamen – trofee skatting (oggend) 
Prakties eksamen – jagvermoë en hantering van kliënte (middag)

DAG 11

Algemene eksamen (oggend)
Noord-Kaap ordonansie eksamen (middag)
Aand: Oorhandiging van sertifikate.

 

Ingesluit in Kursus Fooie:

Die kursus sluit alle akkommodasie en etes in, asook die geleentheid om 'n verskeidenheid bokke te skiet, enige iets van 'n Springbok tot 'n Blouwildebees. 

 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -
 -



© Noord Kaapse Beroepsjag Skool. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord Kaapse Beroepsjag Skool.