+27 83 262 1891   mhhs@mweb.co.za   
Meer oor Noord Kaap Beroepsjag Skool

Algemene Vrae

 

Wetlik is dit ‘n persoon wat ‘n buitelander, wat buite Suid-Afrika woon, op ‘n jag vergesel. Hy is dus ‘n gids vir buitelandse toeriste.
Hy reel 'n safari vir internasionale kliënte teen ‘n fooi.
Vir iemand wat graag ‘n professionele jagter of ‘n jagondernemer wil word. Enige individu wat ‘n passie het vir jag en beroepsjag sal by die kursus baat vind.
Daar is geen waarborg dat jy sal slaag nie. Die kursus is baie kompeterend en vereis jou volle aandag en toewyding as jy wil slaag.
Dit is baie belangrik as jy die Rowland ward en Safariclub International se minimum lengtes vooraf bestudeer. Dit vorm die grondslag van al die trofee beoordeling tegnieke.
Ander goeie areas om van kennis te neem, is die gewoontes van wild en voëls. Goeie verwysings is "Die soogdiergids van Suider Afrika" deur Burger Cillié en Roberts se Voëlgids.
'n Goeie kennis van die veld en diere sal tot jou voordeel strek.
Die normale fooi is R750-00 per dag, uitgesluit brandstof en ander ekstra koste.
Nee, die teoretiese eksamen kan weer geskryf word. Dit is baie belangrik dat daar vooraf reëlings getref word met Natuurbewaring en die N.P.J.S. Praktiese evaluasies kan ook gedoen word met vooraf kennisgewing.
Neem kennis dat daar fooie betaalbaar is vir hereksamens.
Nee, 'n Professionele jagter moet vir ten minste 3 jaar werk, voordat hy/sy kan registreer as ‘n jagondernemer. Uitsonderings word egter gemaak vir persone wat ‘n goedgekeurde omheinde plaas het met goedgekeurde fasiliteite.
In die Noord Kaap kan jy registreer as n beroepsjagter as jy 18 jaar oud is.Let wel dit is slegs van toepassing in die Noord Kaap en nie in die ander provinsies nie.
Die kursus word nasionaal erken en is wettig in al die provinsies van die R.S.A. Jy moet egter 'n provinsiale wet eksamen in elkeen van die provinsies voltooi en slaag.
© Noord Kaapse Beroepsjag Skool. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord Kaapse Beroepsjag Skool.