+27 83 262 1891   mhhs@mweb.co.za   
Meer oor Noord Kaap Beroepsjag Skool

Oor Noord Kaap Beroepsjag Skool

Mynhard Heroldt is gebore  in 1971 op De Aar in die Karoo. Hy het in 1989 aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer. Doen diensplig by MEG-leiervleuel in Bloemfontein 1990, 1991 en word as offisier gekeur. Kwalifiseer in 1993 as beroepsjagter by Johan Calitz beroepsjagskool en doen internskap as beroepsjagter in Zambië en Botswana.

In 1994 werk vir Executive Outcomes in Angola. Vanaf 1995 is Mynhard voltyds `n beroepsjagter en jagondernemer. Hy is alleeneienaar van  MH SAFARIS wat op die Spaanse mark konsentreer. Hy praat vlot Spaans.

Hy begin die Noord Kaapse Beroepjag Skool in 2011.    

Mynhard jag van kleins af en dit is sy groot passie in die lewe. Hy het al  vir homself in Amerika, Europa, en verskeie Afrika-lande wat Tanzanië, Namibië en Zimbabwe insluit gejag. Mynhard jag op ‘n gereëlde grondslag groot 5 diere. Hy is ook ‘n spesialis om klein roofdiere te jag.

Sy stokperdjies is jag, visvang en die bestudering van Afrika-jaggeskiedenis. Hy het in 1993 lid geword van PJASA/PHASA en het vir ‘n  jaar op die Conservation en Empowerment Fund gedien.

Mynhard woon saam met sy vrou, drie seuns en vier Jack Russels op Vanderkloof in die Karoo.

 

Mynhard Heroldt

© Noord Kaapse Beroepsjag Skool. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord Kaapse Beroepsjag Skool.